Voyager 1 is 'n onbemande ruimtetuig wat op 5 September1977 kort ná Voyager 2 vanaf Kaap Canaveral deur middel van 'n Titan III-vuurpyl gelanseer is. Ná die beëindiging van sy oorspronklike sending in die tagtigerjare het die tuig die uithoeke van die Sonnestelsel bestudeer. Op ’n afstand van 125 AE van die Son af (in Augustus 2013)[1] is dit die verste mensgemaakte voorwerp van die Aarde af.
Op 12 September 2013 het Nasa aangekondig dat Voyager 1 die instellêre ruimte op 25 Augustus 2012 betree het – dit is die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat.[2][3][4][5][6][7] Die ruimtetuig van 722 kg kan steeds sekere instruksies van die Aarde af ontvang en kan ook inligting terugstuur.
↑Voyager 1, Where are the Voyagers – NASA Voyager 1